Frances de Kock van Vredendal skryf Ons het onlangs op die kusdorpie Franskraal naby Gansbaai vakansie gehou.
Ek het ontspan met die Desember-Januarie-uitgawe van Weg en ons kinders Elizabeth (8) en Gideon (6) het gretig saamgelees.
Gideon wou nuuskierig weet wat ’n mens moet doen om jou foto in ’n tydskrif te kry.