Leon Cronje van Stellenbosch skryf My seun, J.T. (22), het hierdie foto op ons onlangse besoek aan die Etosha- nasionale park in Namibië geneem.
Ons het die luiperd uit die Halali-ruskamp se rigting sien stap en het afgetrek om te kyk wat sy plan is.
Die luiperd het doodluiters op die padpredikant gespring en vir ons sit en kyk.