Nols & Antoinette Schoeman van Riebeeckstad skryf Ry & Sleep is baie meer as ’n buitelewetydskrif – dit is amper soos ’n brief aan ’n vriend.
Ons is baie lief vir die bos, en die nuusbrokkie oor die nuwe boskamp net anderkant Hoedspruit in die Oktober-November 2022-uitgawe het ons belangstelling só geprikkel dat ons dadelik plek bespreek het.
Dankie ook vir die belewenis wat julle in die kampbestemming-artikel in dieselfde uitgawe deel. Ons het besluit om ons vyftigste huweliksherdenking in Marloth Park te vier – dit sal in Februarie wees.