book-icon Uitgawe April-Mei 2022

Leserbrief: Paddaboudjies op die spyskaart

akkreditasie

Marelize Otto van Pretoria skryf  Ek en my man, Hennie, gaan al meer as 20 jaar Kruger toe en het al soveel mooi goed gesien, maar hierdie was verreweg die snaakste en interessantste!

Ons het by ’n dammetjie langs die S130-pad naby Onder-Sabie gestop en 20 minute lank gekyk hoe hierdie hamerkop die brulpadda jag. Die padda het keer op keer probeer ontsnap, maar die hamerkop het hom elke keer na die oewer gebring.

Dan sou die hamerkop ongeërg wegstap en maak asof hy die padda nie sien nie, maar sodra dié probeer wegswem, sou hy hom weer gaan opraap.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan