Gideon van der Westhuysen van Lone Hill, Johannesburg, skryf Langer as ’n jaar al sit ons gehok. Selfs die afgelope Desembervakansie waarna ons so uitgesien het, was uiteindelik effens somber.
Hoe kan jy by die see wees, maar jy mag nie op die strand kom nie?
My kampwaentjie staan, soos baie ander kampeerders s’n seker, en stof vergaar.