book-icon Uitgawe Mei 2019

Leserbrief: Trots Suid-Afrikaanse berge!

akkreditasie
Foto: Charl Heunis
Foto: Charl Heunis

Ons het die Noordelike Drakensberg besoek en onder meer Clarens, die Golden Gate-Hoogland- nasionale park, Witsieshoek Mountain Lodge en die Thendele-rus-kamp in die Koninklike Natalse nasionale park aangedoen.

Dié foto is geneem uit ons hut in die Thendele-ruskamp. Die skoonheid en grootsheid van die omgewing het my asem weggeslaan. Ek was ook verras en beïndruk met die goeie paaie, netjiese blyplek en professionele diens van Ezemvelo KZN Wildlife.

Ek voel sommer opnuut trots op ons beeldskone land!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan