book-icon Uitgawe Julie 2018
Deel

Lesersbriewe: Julie 2018

akkreditasie
Foto: MARYKE SCHEUN
Foto: MARYKE SCHEUN


MARYKE SCHEUN, Pretoria: Op ’n onlangse vakansie in die Manyeleti-wildreservaat langs die Krugerwildtuin het ek opnuut besef hoe wreed die natuur kan wees. Ons het op drie van die Birmingham-leeus uit die Sabi Sand-natuurreservaat afgekom wat ’n welpie uit een van Manyeleti se troppe vasgekeer het.

Die leeus word só genoem omdat die grootste deel van dié trop se gebied op die nabygeleë plaas Birmingham is. Ons het in spanning gewag dat die massiewe mannetjies tog net ’n einde maak aan die welpie se lyding. Die gegrom en gebrul was oorverdowend en angswekkend.

Elke keer as een van die mannetjies die welpie nader, het hy verbete teruggeveg. Hy het net nie moed opgegee nie. Sommige gaste het emosioneel begin raak oor die toneel wat voor ons afspeel. Teen alle verwagtinge het die leeus belangstelling in die dapper welpie verloor, en weggestap.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan