Luiperdvangs verras egpaar

akkreditasie
Die tydsbereking van die luiperd én Van Rooyens was perfek.

Ig van Rooyen van Witrivier het 'n paar jaar gelede dié foto’s gestuur van ’n luiperdvangs wat hy en sy vrou, Rina, in die Krugerwildtuin gesien het. 

“Ek en my vrou ry een warm middag met die S29 van die Mlondozi-piekniekplek af in die rigting van Onder-Sabie. Ons het min diere langs die pad gesien.

Die een oomblik sit en kla ons nog dat ons nog nooit ’n vangs in die wildtuin gesien het nie, toe gebeur dit . . .

Die luiperd spring regs van die motor onder ’n bos uit, hardloop voor die motor in, oor die pad (ek ry hom amper raak!) en vang die rooibok aan die linkerkant van die pad.

Die arme rooibok het nie geweet wat haar tref nie.

Die luiperd het die rooibok oor die pad gesleep, in die koelte van ’n boom doodgemaak en toe begin vreet.

Dit was ’n goeie dag!”

Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal  WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook