
Besoekers kry ’n voorsmakie van ’n avontuur-gedrewe leefstyl. Die uitstallers gee hulle produkte en dienste lewe met demonstrasies, uitstallings, ervarings en aktiwiteite.
Ons skop die naweek op Vrydag 5 April af, met ’n aandskou waar uitstallers hulle produkte kan wys, terwyl besoekers ’n skemerkelkie geniet. Hier gaan goeie agtergrondmusiek wees en ’n avontuurkompetisie wat die adrenalien sal laat pomp.
Besoek avontuurgedrewe uitstallings, stil jou honger met ’n verskeidenheid lekker eetgoed, besoek "The Hive" en luister na praatjies oor buitelugavonture, en neem deel aan die bergfietswedren of "Trail run". Hier is iets vir die hele gesin.
Kaartjies beskikbaar op ons webblad – kry nou joune!
Waar? Meerendal-wynlandgoed, Kaapstad
Koste:
R80: Dagkaartjie
R150: Familiekaartjie (4 mense)
R150: Vir die naweek