Moenie my vlak kyk nie, jou kolkat!

akkreditasie
Johan Moolman
Gedink vlakvarke bewe in hulle broeke vir ’n jagluiperd? Glad nie, kyk wat maak die spulletjie met Ta.

Die Weg-leser Johan Moolman het op die vlakvarke afgekom in die Mabula-wildreservaat in Limpopo. Die kampbestuurder het voorgestel hulle moet na die jagluiperds gaan kyk, en hulle het teruggery na die kol wat hy beduie het. Die jagluiperds het net rondgelê en hulle het ’n hele ruk daar deurgebring sonder enige aksie.

Toe hy later terugkeer het ’n vlakvark in die agtergrond verbygestap. Die jagluiperds het opgestaan en gegaap, maar absoluut niks gedoen nie.

Later die middag was daar binne sekondes van Johan se aankoms sommer heelwat aksie! Die vlakvark het stertswaaiend rondgestap en skielik versteen toe hy die jagluiperd gewaar – sy stertjie nou stokstyf. Toe begin snork die dapper vark kliphard en verwilder die jagluiperd! 

Die jagluiperds steur hulle (nog nie) aan die vlakvark nie.
Stokstyf stert voor die vlakvark se waagmoed inskop.
Vatso!