Dié fietsresies is soos geen ander

akkreditasie
GEBORG: Meer oor die News24 Karoo Burn, die bergfiets- en gruispadfiets-resies wat jou dié Februarie deur ’n landskap lei wat homself in jou hart sal kom inbrand.

Baie fietsry-uitdagings beweer hul naam som die kern van die resies op, maar min kom naby aan die News24 Karoo Burn. Dié unieke uitdaging vat bergfietsryers en guispadfietsryers deur die stil skoonheid van die Noord-Kaap, waar die brandende son jou lei deur ’n hittige landskap van wind, gruis, stof en strak uitsigte.

Die afstand van 242 km strek deur die Tankwa Karoo tot in die Koue Bokkeveld, met landskappe wat geen ander provinsie in Suid-Afrika – en inteendeel min lande in die wêreld – kan ewenaar nie.

Daarby bied Noord-Kaap Toerisme ’n verskeidenheid akkommodasie, toerisme-aantreklikhede en toere wat die resies sal omskep in ’n onvergeetlike vakansie. Besoek hul webblad om te bespreek en die Noord-Kaap in sy volle glorie te ervaar – van treffende sonsondergange tot sterrekyk in ’n oeroue landskap. Daar is niks soos dié plek nie!

Die roete – wat kan fietsryers verwag?

Die waterpunte is almal geleë by toeriste-aantreklikhede soos Die Mond (waterpunt 3), ’n oasis water in die middel van ’n maanlandskap, en die Tankwa padstal (waterpunt 4), wêreldbekend onder toeriste wat dit geniet om agterpaaie te ry. Daarby spog die resies met die langste reguit grondpad in Suid-Afrika!

Die resies begin in die hartjie van die Groot Karoo se skaapbedryf, Calvinia, en mik dan na die langste reguit grondpad in Suid-Afrika, die R355. Ná ’n optraende uit Calvinia, begin die roete op golwende grondpad daal tot by die 110km merk. Maar passop vir die middelmannetjie! DIe grondpaaie versteek skerp klippe waarteen ’n fietsband nie ’n kans staan nie.  

Die eerste 103km is net opwarming. Die groot werk bein by Waterpunt 3, wanneer die pad stadig maar seker begin klim en die roete al moeiliker word. Om die regte lyn te kies op dié klipperige paaie is van uiterste belang. Vermy die sinkplaatpad om jou hande en boude te spaar! Maar kies jy eerder die gladder, sanderige stukke, beland jy dalk gou in sagte sand wat jou voorwiel kan gryp en jou afgooi – hou dus kop.

Maak seker jy kies die regte banddruk wanneer jy mik vir die 170km merk en die bekende Tankwa padstal by Waterpunt 4. Eet, maak jou waterreserwes vol en mik dan vir die R355 en die moordende, asemrowende Katbakkiespas – die moeilikste deel van die roete. Dié pas kom nes die warm Afrikason begin sak en die ongelooflike Tankwa die mooiste deel van die dag begin afwys. Van daar is dit ’n welkome afdraende vanaf die 190km merk, gevolg deur belonende paaie tot by die Kaleo gasteplaas, waar die eindstreep wag.

Die News24 Karoo Burn vind plaas op 25 Februarie 2023. Vir nog inligting, gaan na KarooBurn.