book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2023
Deel

Nuwe kampplek in die Kalahari

akkreditasie

Kalahari Erfenis is 24 km buite Hotazel, dus ’n ideale oornagplek tussen Gauteng en die Kgalagadi-oorgrenspark. Boonop is die pad oor Hotazel 124 km korter as oor Upington (dis as jy nie gepla is deur die 146 km grondpad tussen Van Zylsrus en Askham nie).

Die eienaars, Renier en Elske Strydom, het ’n eiesoortige aanslag. Hier is ses staanplekke in ’n halfmaan uitgelê, en elkeen het ’n luukse tent met slaapplek vir twee.

Die staanplekke is só uitgelê dat jy jou woonwa langs die bestaande struktuur kan trek met genoeg plek om op te slaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan