Riaan Botha van Kaapstad het reeds ’n nuwe daktent en kappie ontwerp, en hy maak onder meer laaie as pakplek, staanplek vir ys-vrieskaste, abbawa-ombouings en enige ander ombouings op ryhuise en woonwaens.
Die naam van sy onderneming is Rugged Design. Riaan het 12 jaar gelede die maatskappy Eko Veld Gear saam met sy pa, Fanie, gestig en hulle was veral bekend vir kappies en later die Armadillo-woonwareeks. Eko Veld Gear is laasjaar verkoop.
Adres: Geministraat 46B, Brackenfell Industria.