book-icon Uitgawe Oktober 2019

Pierre sê: Oktober 2019

akkreditasie

Dit het seker al met elkeen van ons gebeur: Jy staan by ’n braaivleisvuur of kuier om ’n lang tafel en daar is iemand wat met groot gesag begin gesels oor iets waaroor hulle duidelik bittermin weet. En al weet jy voor jou siel die persoon is verkeerd, kan hy of sy nie van ’n ander mening of die waarheid oortuig word nie.

Selfvertroue spruit makliker voort uit onkunde as kennis, het Charles Darwin meer as 150 jaar gelede geskryf in The Descent of Man, en deesdae is daar ’n wetenskaplike naam vir dié verskynsel.

Dit word die Dunning-Kruger-effek genoem, en dit word gereeld aangehaal (seker nie verbasend nie gegewe die stand van ons wêreld-politiek). David Dunning en Justin Kruger is die twee Amerikaanse sielkundiges wat in hulle navorsing gevind het dat studente wat gedink het hulle het goed of uitstekend gevaar in logika- en taaltoetse, so te sê gedop het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan