Toe die regering aankondig alle vorme van toerismeverblyf moet sluit tydens die inperking weens die Covid-19-pandemie, is daar behoorlik gegons op sosiale media oor kampplekke se kansellasiebeleid.
Sanparke was een van die eerste instellings wat op die verwagte toename in kansellasies gereageer het, en dié organisasie kry volpunte: Ek kon my bespreking by Satara vir einde April sonder moeite kanselleer en boonop is geen boete gehef nie. Ek het besluit om my volle krediet te behou – natuurlik met die vaste vertroue dat Satara later in die jaar weer oopgestel sal word.
Sanparke maak ook voorsiening vir ’n volle terugbetaling.