Gelukkig kan hierdie ry sitplekke uitgehaal word, maar dan sit jy aan die kante, by die wielboë, met ’n oop gat.
Booxe het nou ’n stel deksels ontwerp wat jy gebruik om die gate toe te maak. Die sogenaamde Booxe Gap Cap is van plastiek en pas op al die Fortuner-modelle sedert 2016.
Jy hoef nie gate te boor of skroewe in te draai nie; jy sit die deksel met jou hand in plek.