Meestal wanneer mense groen slange sien, vermoed hulle die ergste, maar dié twee is nie noodwendig elke keer die skuldiges nie.
Só kan jy sien of jy met ’n gevaarlike groene te doen het of nie: Die groenmamba leef in bome en kom hoofsaaklik langs KZN se kus voor, gewoonlik binne 4 km van die see af. Soms word hulle tot 40 km binnelands noord van die dorp Mkuzi gevind. Dié slang het ’n kisvormige kop en sy hele lyf is groen – bo én onder.
Volwassene slange van langer as een meter is minstens so dik soos ’n besemstok. As jy hierdie slange versteur, sal hy eerder teen ’n boom opseil as wat hy jou pik.