’n Lapa is die nuutste toevoeging tot die kampplek.
Jaco en Sunel Herselman van Steenbokkie speel jaarliks gasheer vir jagters wat geld insamel, en die opbrengs is ten bate van ’n laerskool op die dorp.
Covid-19 het egter amper vanjaar se fondsinsameling in die wiele gery, en Jaco-hulle het net twee weke kennis gekry dat dit kan voortgaan. Hulle het besluit dis sommer ’n goeie tyd om ’n lapa te bou wat dan as kuierplek kan dien.