Dié wat gereeld die naghemel bekyk, sou oplet hoe helder Mars die afgelope tyd skyn. Sedert laat in September is Mars helderder as Jupiter en tans net ’n kortkoppie agter Venus. Die rede hiervoor is dat die aarde tans Mars in die “binnebaan” verbysteek. Die aarde is die “derde rots van die son”, en Mars vierde. Hoe nader aan die son, hoe vinniger voltooi ’n planeet sy omwenteling om die son.
Die aarde skuif sodoende elke 779,94 dae (of 2 jaar en 2 maande) relatief na aan Mars verby, wat dit ’n goeie tyd maak vir sendings na die Rooi Planeet. Dis ook hoekom dié planeet so helder vertoon.
Op 13 Oktober bereik Mars opposisie – dis wanneer dit direk oorkant die aarde aan die ander kant van die son is; dus kan ons dit die hele nag sien.