book-icon Uitgawe Julie 2020

Sterreweg: Venus pak die Bul by die horings

akkreditasie

In die eerste helfte van Julie beweeg Venus oor Taurus, die Bul, se voorkop. As jy vroeg opstaan en voor dagbreek oos kyk, sien jy hoe dinge regskuif vir dié toneel op die horison.

Soek na die Hiades-sterrebondel om die Bul te sien. Dis maklik herkenbaar aan sy A-vorm (of omgekeerde V-vorm). Die helderrooi ster Aldebaran is die Bul se een oog.  

Aldebaran is die 13de helderste ster in die naghemel en die naam beteken “agtervolger” in Arabies omdat dit lyk asof Aldebaran die Sewe Susters agtervolg. Op 16 en 17 Julie sluit ’n dun sekelmaantjie ook by die geselskap aan; dis ’n uitstekende foto-geleentheid, selfs met ’n selfoon.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan