Hier was reeds ’n bietjie lewe op die dorp in 1928, maar die eerste permanente strukture is in 1936 gebou – dis wat jy sien op die foto hier bo. Die dorp het eers ná die Tweede Wêreldoorlog baksteengeboue gekry.
Gaan loer op Oranjemundonline vir nog ou foto’s van Oranjemund. Mike Alexander, wat deesdae mede-eienaar van die Spar op die dorp is, het deur die jare verskeie foto's van die dorp versamel. Hier is 'n paar foto's uit sy argief: