Daar bestaan ongelukkig nie formele rekords om te staaf presies hoe oud die erfenisgebou is nie. Dit was glo ’n skaapwagtershuisie wat iewers in die 1830’s gebou is.
Dié huisie, wat agter staan, is steeds vandag deel van die gebou. Dit het ‘n grasdak, soos wat die gebruik was in daardie dae. (Baie dorpenaars het ná ‘n brand in 1987 plat dakke van leiklip laat opsit en later sinkdak.)
Die skaapwagtershuisie is dus sowat 150 jaar oud; dus ouer as Greyton. Dié dorpie is eers in 1854 geproklameer toe ’n vrypag-landboudorp uitgesit is op die plaas Weltevreden, wat aan Herbert Vigne behoort het.