book-icon Uitgawe Februarie 2020

Toe & Nou: ’n Prinses in Pretoria

akkreditasie
Die ou Reserwebank-gebou is
deur sir Herbert Baker ontwerp
en huisves nou die Nasionale
Tesourie.
Die ou Reserwebank-gebou is deur sir Herbert Baker ontwerp en huisves nou die Nasionale Tesourie.

Dit was die kroonprinses (tans koningin Elizabeth II) en haar suster, die wyle prinses Margaret, se eerste oorsese reis. Pretoria se strate en geboue is met vlae, baniere en krone versier – net soos vroeër in die toer, toe die koninklikes onder meer Kaapstad, Bloemfontein en Pietermaritzburg besoek het.

Duisende Suid-Afrikaners waai entoesiasties waar ook al die amptelike motorstoet beweeg. Enkele dae ná die feesvieringe neem die 19-jarige Grieta van der Vyver van Laingsburg – my ma – foto’s van die versierde geboue op Kerkplein. Sy is ’n verpleegstudent wat pas in Pretoria aangeland het en is nog nie juis bedrewe met haar kamera nie.

Heelwat van die nagfoto’s is onderbelig of uit fokus, tog bied sy ’n amateursblik op die prag en praal in die hoofstad. Handgeskrewe onderskrifte in die fotoalbum verklap haar opwinding om in die stad te wees en om daardie geskiedkundige gebeure te beleef, selfs al was dit in die nadraai van die groot oomblik.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan