book-icon Uitgawe September 2019

Toe & Nou: Shingwedzi-ruskamp, 1964

akkreditasie
KRAGTOEVOER. ’n Parkamptenaar steek in 1964 die lanterns aan op die huisies se stoepe en langs die paadjies. Heel regs staan ’n donkieketel – vir warm water vir koffie en tee.
KRAGTOEVOER. ’n Parkamptenaar steek in 1964 die lanterns aan op die huisies se stoepe en langs die paadjies. Heel regs staan ’n donkieketel – vir warm water vir koffie en tee.

Errol Blair se Toe-foto van die Shingwedzi-ruskamp in 1964 in Weg #172 het my geïnspireer om dié Nou-foto te neem. Op die oog af lyk dit nie asof veel verander het nie.

Die ruskamp se huise is in twee sirkels gerangskik: A en B. Sommige van die huise in sirkel B is opgeknap ná die vloed in 2013, maar die goed – soos die vullisdromme, dakteëls en selfs sifdeure – lyk nog soos dié van destyds! In die A-sirkel staan van die oorspronklike grasdakhuisies gestut deur die einste ysterhoutpale waarmee dit in die 1930’s gebou is.

Dinge hét wel verander. Deesdae word skoon linne afgelaai in ’n batterygedrewe gholfkarretjie, en die meeste van die huise het ’n kombuis en badkamer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan