My pa het dié voertuig self ontwerp – dit was meer as 9 m lank, 2,6 m breed en 2 m hoog! My pa was ’n verkoopsman by Ford op Prieska in die Noord-Kaap.
Karre was sy passie; hy het hulle binnegoed verstaan en al die toerusting gehad om die “Padvark” te bou soos dit in April 1993 se Volksie Familie-tydskrif gedoop is.
Die Kombi is op die onderstel van ’n vyf ton swaar Thames Trader-vragmotor gebou en sy raamwerk het bestaan uit ses Kombi’s wat aan mekaar vasgesweis was.