book-icon Uitgawe Oktober 2018

Toeka se dae: Kilimandjaro amper 60 jaar gelede

akkreditasie
Die groep en hulle gidse skep asem op die rand van die Mawenzi-krater. Voor hulle lê die Kibokrater, Kilimandjaro se hoogste punt, wat vandag Uhuru-piek genoem word.
Die groep en hulle gidse skep asem op die rand van die Mawenzi-krater. Voor hulle lê die Kibokrater, Kilimandjaro se hoogste punt, wat vandag Uhuru-piek genoem word.

Aan die einde van 1962 het ek pas klaar gestudeer as meganiese ingenieur aan die Universiteit van Kaapstad. Ek en twee vriende, Jan Kruger en Brian Shanley, het die Desembervakansie die 4 500 myl-tog van die Kaap tot in Kenia aangepak in my ou 1200 VW Kewer. Jan se ouers het sowat 120 myl noord van Nairobi geboer.

Ons het vyf dae lank gery, onder meer verby die Victoriawaterval, oor die Karibadam se wal, deur die Ngorongorokraterpark, en oor die ewenaar. Jan se tweelingbroer, Paul, en hulle jonger broer Jakob het ’n week later Kenia toe gevlieg. Ons het Kersfees saam met hulle gevier en ek, Paul en Jakob het besluit om Kilimandjaro in die nuwe jaar te klim.

Die roete begin by die Kibo Hotel, ’n paar kilometer oos van Arusha. Ons moes daar betaal vir die drie oornaghutte – Bismarck, Peter se Hut en die Kibohut – en ’n gids. Maar ons wou nie onnodig geld uitgee nie en het teen die gids besluit (die voortvarenheid van die jeug!). Verblyf in die hutte het 5 sjielings per persoon gekos (destyds 50 c); dus net R4,50 vir die drie nagte vir ons al drie!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan