Dit sluit in die Kranshoek-dagstaproete, die twee dae lange Harkerville-staproete en die bekende Rooi-bergfietsroete in die Harkerville-omgewing.
Volgens Nico Oosthuizen, afdelingsveldwagter vir die Harkerville-deel van die park, is plaaslike fietsryers en ryers wat gereeld die roetes ry, in hulle noppies met die herstel- en instandhoudingswerk wat op die Rooibergfietsroete gedoen is. Dit sluit die gedeelte in wat in 2017 gebrand het.
Die 22 km lange roete is die uitdagendste van die vier Harkerville-bergfietsroetes, en dit word as een van die mooistes in die land gereken aangesien dit deur velde fynbos, inheemse woude en langs die Indiese Oseaan kronkel.