Veer jou voertuig vir avontuur

akkreditasie
GEBORG: 4x4-entoesiaste maak reg – dié internasionaal erkende handelsnaam in veringstelsels is nou in Suid-Afrika beskikbaar.

Of jy nou die bos, die stad of albei verkies, die Raw 4x4-reeks veringstelsels is ontwerp om enige soort 4x4-bestuurder te pas.

Sy 4x4-veringstelsel spog met swaargewig-skokbrekers, spiraal- en bladvere, poliüretaanbusse en wringstawe. Die reeks is ontwerp en getoets in Australië, waar die stelsel deur uiterste toetse gesit is in van die mees diverse en uitdagendste terrein in die wêreld.

“Dis is van uiterste belang dat jou 4x4 toegerus is met die korrekte veringstelsel,” verduidelik Louis Fourie, bestuurder van veringstelsel-oplossings by G.U.D. Holdings. “As jy oorweeg om gewigdraende bykomstighede te gebruik, vir lang tye op sinkplaatpaaie te toer of net die werking van jou 4x4 wil verbeter, is dit belangrik dat jy jou veringstelsel aanpas na gelang van jou behoeftes. Ons reeks het ’n oplossing vir jou.”

Die reeks

RAW 4x4 het ’n wye verskeidenheid oplossings wat jou toerus om enige terrein met vertroue aan te pak, of jy nou vir lang afstande op sinkplaatpaaie ry en of jy eenvoudig jou 4x4 se vermoëns wil verbeter.

Raw Nitro vir swaar diens: Dit is ’n gasskokbreker wat ’n gladder rit verseker met minder bakrol en beter stabiliteit. Dis gepas vir 4x4-bestuurders wat dit doen vir ontspanning, en wat hulle voertuig wil lig en algeheel beter vering wil geniet, sowel as die leeftyd verleng van hulle voertuig se oorspronklike parte.   

RAW Nitro Max vir dubbele swaar diens: Die Raw Nitro Max-reeks stutte maak jou voertuig taai sonder om beheer of gemak in te boet. Dis ideaal vir diegene wat swaar vragte oor moeilike terrein moet vervoer, want die Nitro Max is gebaseer op beproefde skokbreker met spesiaal ingestemde kleppe ontwerp vir vragmotors.

Bou dit self

Parte en bykomstighede kan enige voertuig in ’n goeie 4x4-masjien omskep, maar dis belangrik dat jou veringstelsel aangepas is om dit te akkommodeer.

Om die regte parte vir jou 4x4 bymekaar te sit, het die maatskappy op sy webtuiste ’n unieke digitale hulpmiddel, of te wel ’n online kit builder, geskep wat jou help om die mees geskikte onderdele vir jou 4x4 uit te soek. Dis sluit in onderdele soos bosbrekers, sonkappe en laaistelsels.

Wanneer jy al jou voertuig se spesifikasies ingevul het, klik net op die “Get a Quote”-knoppie onderaan die blad en die Raw 4x4-verkoopspan sal jou kontak.  

Raw 4x4 in Suid-Afrika

Voorste handelsname van G.U.D. Holdings sluit in GUD Filters, Safeline Brake Pads, Indy Oil, Fram Filters and Holts – almal bekend vir hulle gehalte. En Raw 4x4 staan nie ’n tree terug nie: “Ons is opgewonde om Raw 4x4 aan die plaaslike mark te bied. Ek glo Afrika is reg vir die gehalte en vermoëns wat Raw 4x4 se veringstelsels bied. Ons sien daarna uit om jou te help om die ideale toerusting vir jou 4x4-behoeftes te vind,” sê Louis.

Gaan na raw4x4.co.za of volg hom op Facebook @RAW4x4 of Instagram @raw4x4africa.