book-icon Uitgawe Julie 2018

Veldfeite: Hou bene, hou!

akkreditasie
Fotograaf: Albie Venter
Fotograaf: Albie Venter

Ja, dié dier is inderdaad die Usain Bolt van die soogdierwêreld.

Hulle kan tot 110 km/h hardloop – maar net oor korter afstande van tot 400 m. Dit is danksy die dier se ideale bou: lang bene; ’n diep borskas (met ’n vergrote hart en longe om meer suurstof in te neem en na die spiere te pomp); klein, vaartbelynde kop; en ’n lang stert wat help met balans.

Hierdie uiterste spoed kom egter nie sonder nadele nie. Ná ’n suksesvolle jagtog is die jagluiperd stokflou en het hy ’n hele paar minute nodig om sy asem terug te kry. In dié tyd is hy weerloos teen ander roofdiere soos hiënas, leeus, luiperds en selfs die onindrukwekkende bruinhiëna wat sy kos kan steel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan