Die koekoek wat só roep, kan óns duidelik sien hoewel ons hóm nog nie kon gewaar nie. Ek wil al begin aanstoot neem! Maar: dis een van die skaarsste en mees geheimsinnige koekoekspesies in die wêreld; dus soek ons maar geduldig verder.
Die langstertkoekoek is die eerste keer in 1928 in die deesdae se Demokratiese Republiek van die Kongo opgeteken en dié spesie is – byna ’n eeu later – steeds ’n enigma. Byvoorbeeld: Ons weet nog steeds nie watter soort woudvoël as surrogaatbroeier vir hulle instaan nie.
Nes alle ander koekoekspesies het die langstertkoekoek ook parasitiese broeigewoontes, wat beteken dat sy haar eiers in ’n ander voël se nes lê wat haar kuiken dan ten koste van hulle eie grootmaak.