book-icon Uitgawe Oktober-November 2021

Vir die voëls: Ode aan die paradysvlieëvanger

akkreditasie
Foto: Anton Kruger
Foto: Anton Kruger

Die kuns teen dié muur is almal gemengde media: vetkryte, inkleurpotlode, blinkers, stukkies macaroni...

Net soos enige pa kan ek dit nie oor my hart kry om dié A4-velle – waarvan elkeen ewe deur die kunstenaar onderteken is – weg te gooi nie. Dié prentjies van my seun het ’n deurlopende tema: ’n misvormde maar nietemin herkenbare voëltjie met ’n lang, pap stert, oranje lyfie en ’n blou driehoek vir ’n kop. Reg geraai – dis die paradysvlieëvanger!

Dis ook g’n wonder dat dié kalant ’n gunsteling in my kind se kunsrepertoire is nie: Vra maar enigeen – voëlkyker ofte not – as jy deur ’n voëlgids blaai, is die kans groot dat die persoon lank met waardering na ’n illustrasie van dié kleurryke insekvreter sal staar.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan