Intussen beoog die maatskappy dat die helfte van sy verkope teen 2025 elektriese voertuie moet wees, met die res hibriede weergawes.
Hierdie is deel van Volvo se klimaatplan om die koolstofvoetspoor van sy voertuie te verminder. Håkan Samuelsson, Volvo se uitvoerende hoof, sê dié stap is nodig sodat Volvo suksesvol kan bly en groei. Volvo beoog om die voortou te neem met elektriese voertuie.