book-icon Uitgawe Oktober 2019

Vraag en Antwoord: Oktober 2019

akkreditasie

Ek het hierdie by in my tuin gewaar. Gewoonlik vlieg sowat drie tot vier rondom dieselfde boom. Hulle lyk nogal gebiedsgebonde. Dit lyk asof hulle op jou afduik as jy naby die boom kom. Is dit ’n soort houtkapperby?

Die groot houtkapperby (Xylocopa flavorufa) se lyfie is sowat 50 mm lank. Hulle grawe gate in aalwyn- en garingboomstamme, boomtakke en selfs in bamboes-bome, en bou ’n reeks selle. Die selle word geskei met houtsnysels wat vasgegom word met speeksel. Quentin is reg: Hulle is gebiedsgebonde. Die mannetjies patrolleer vasgestelde gebiede rondom die blomme, takkies en blare van spesifieke bome of struike. Die spesie kom algemeen voor in tuine.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan