book-icon Uitgawe September 2019

Vrae en Antwoorde: September 2019

akkreditasie

JOAN SHINN van Port Elizabeth skryf:

Ek het dié akkedisse afgeneem terwyl ek langs Marine-rylaan gery het. Kan iemand help met identifikasie?

Die reptielkenner JOHAN MARAIS antwoord:

Dié klipkoggelmanders is ’n algemene rotsbewoner wat dikwels op rotse langs strande gesien word. Net soos die boomkoggelmander word die mannetjies se kop helderblou in die broeiseisoen. Hulle vreet hoofsaaklik miere en termiete, asook ander insekte.

ETIENNE DU TOIT van Centurion skryf:

My vriend het hierdie slang by die Laerskool Mariepskop gekry. Watse slang is dit?

JOHAN MARAIS antwoord:

Dis ’n onskadelike reuse pootlose akkedis (Acontias plumbeus). Daar is groot verskille tussen slange en akkedisse, veral die bene in die kop. Dié akkedis het oorgate en ooglede wat slange nie het nie, en hulle vreet insekte. Bittermin slange vreet insekte.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan