Mmmmm. Steak en Allesverloren – die manne wys jou hóé

akkreditasie
Geborg: Goeie kos en uitstekende wyn is ’n kombinasie wat élke keer werk. Kyk hier hoe Danie Malan van Allesverloren en die kosblogger Fritz Brand steak en rooiwyn voorsit.

Die eienaar en keldermeester van Allesverloren, Danie Malan, het onlangs saam met die kosblogger Fritz Brand (van Real Men Can Cook-faam) die kombuis ingevaar.

In hierdie episode sit Fritz sy riboog-steak met peperwortel (soek in die winkel vir “horseradish”) en heuningwortels voor, en Danie gesels oor Shiraz, die variëteit wat die algemeenste op die plaas geplant word, sowel as Allesverloren se vlagskip-wyn, Três Vermelhos.

Lees meer by News - Allesverloren of volg hulle op Facebook.