Luister na Episode 20 van ons 'podcast': "Waar’s die 'kêffie'-hamburger?" deur Jaco Kirsten.
Die vroeë jare negentig is nie net gekenmerk deur groot politieke veranderinge in Suid-Afrika nie. Dit was ook die begin van die einde vir die hamburger soos ons hom geken het, sê Jaco Kirsten.
Nuwe episodes van Weg Stories word elke tweede week vrygestel, op ons webwerf en iTunes – jy kan ook op jou gunsteling-app daarna luister. Hier's ons volledige podcast-gids as jy onseker is hoe om die nuwe episodes in die hande te kry.
Wees op die uitkyk vir ’n splinternuwe episode op 27 Junie. Die podcast sal altyd gratis wees – maar as jy graag ’n bydrae wil maak, gee vir ons ’n punt uit vyf op iTunes!