3 kampplekke in die Gamtoosvallei

akkreditasie

 

Jy hoef nie ’n 4x4 en ’n boswa te hê om ’n stukkie van die Baviaanskloof te geniet nie. In die Gamtoosvallei kan jy net-net ver genoeg kom met jou Jurgens. Klik op een van die onderstaande kampplekke se name vir meer inligting. 

Die dorpie Hankey in die Gamtoosvallei is ’n puik bestemming as jy die suidwestelike deel van die Oos-Kaap wil verken. Jy is 40 km van die Baviaanskloof af, Jeffreysbaai lê net 38 km verder, Port Elizabeth is ’n uur se ry weg, en jy kan ’n daguitstappie Addo toe doen. Jy kan dus almal in jou gesin – van die branderplankryer tot die aspirant-natuurbewaarder tot die voëlkyker – gelukkig hou as jy jou tentpenne in dié geweste kom inslaan.


As jy op soek is na rus en vrede, is Innikloof nét die plek vir jou. Dis ’n klein dog besonderse kampterrein waar jy in die stille natuurskoon jou batterye herlaai.

Hoewel die laaste 2 km grondpad jou nogal gaan toets as jy met ’n lae motor ry, is dit elke sentimeter werd. As jy eers by Innikloof afgepak het, gaan jy nêrens elders wil wees nie.

Soos die naam aandui, kamp jy letterlik in ’n kloof waar jy omring word deur koppies en groot ou geelhout- en witstinkhoutbome, en die Kleinrivier kronkel deur die plaas. Hier is nie selfoonontvangs nie, wat beteken jy kan ongestoord die natuur en die buitelewe geniet. Hier is baie voëls, en selfs bosbokke.

Lees meer...

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan