book-icon Uitgawe Junie-Julie 2022
Deel

Addo – van slurp tot stert!

akkreditasie
Die Carol’s Rest-watergat langs die Gorah-sirkelroete is gewoonlik ’n goeie plek om olifante te sien. Hou maar net wyd verby indien ’n spannetjie padlangs mik.
Die Carol’s Rest-watergat langs die Gorah-sirkelroete is gewoonlik ’n goeie plek om olifante te sien. Hou maar net wyd verby indien ’n spannetjie padlangs mik.

Van waar ek op my rug in ’n sementdam iewers in die Zuurberg dryf, sien ek ’n slurp bo my hang. Gelukkig is dit nie ’n olifant wat bo my wieg nie, maar die mooi nessie van ’n brilwewer – een van menige wat ek en my reismaat, Eloise Costandius, die laaste ruk gesien het.

Om die waarheid te sê met dié dat dit die afgelope paar dae kort-kort reën, was dit vir lank die enigste “slurp” wat ons in Addo gewaar het, want die diere hoef nie uit te kom watergate toe nie. En waarskynlik die laaste ene.

Dis ons laaste aand in Addo, en ek kan nie dink dat daar in hierdie bergagtige Kabouga-deel van die park olifante loop nie. In die óú dae was hier grootvoete toe die Iqua, Damasqua en Gonaqua nog met hulle vee hier langs die Sondags-, Kabougas- en Witrivier rondgetrek het. Miskien selfs nog toe Xhosa-stamme hier krale gehad het, die hoofmanne Cungwa en Habana en hulle mense.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan