book-icon Uitgawe Maart 2020

Aftrekplek: Baobab Biltong-padstal, Marnitz, Limpopo

akkreditasie

Marnitz is, soos hulle grappenderwys sê, “mar niks,” maar by dié jolige padstal (wees op die uitkyk vir die geel windpomp) van Henk en Anél Malan gaan jy geholpe raak indien jou maag knor. Biltong en droëwors kos R240/kg en chilli bites R300/kg.

Hou stil onder ’n kremetart en maak jou tuis op die stoep. Hier is skoon badkamers en speelplek vir die kinders. Die tuisgemaakte pasteie word saam met skyfies én slaai bedien, en is groot genoeg vir ’n groot aptyt. Die hoenderpastei kos R54 en wildspastei R52. Jy kan ook bevrore pasteie koop en huis toe vat sodat jy eers weer oor ’n week of wat hoef te kook. Burgers en skyfies kos tussen R58 en R79. Roosterkoek met maalvleis kos R50, met kaas en konfyt R25, of sonder vulsel R15.

Nog meer avontuurlustig? Vra vir pap en kaiings gebraai uit varkvet – dit kos R52. Jy kan koffie en koeldrank bestel, asook lekker melkskommels (R30-R38), maar slaan gerus ook jou mond aan die tuisgemaakte gemmerbier (R11,50).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan