Die Pienk Karavaan is poeierpienk eerder as skelpienk en as jy 120 km/h gery het, sal jy moet omdraai, want jy sal verby wees voor jy besef wat so skielik uit die vaal bosse verskyn het.
Dis een van daai ou padskraper-woonwaens wat as ’n padstal dien.
Toe ek een laatmiddag daar stilhou, is dit al amper toemaaktyd. Maar as jy my ken, sal jy weet dat ek nie sommer verby bordjies ry wat biltong en droëwors adverteer nie...