Deel

Aftrekplek: Kenhardt-hotel

akkreditasie
Willem van der Berg
As jy van die Kaap af op pad is Kgalagadi-oorgrenspark toe, is die Kenhardt-hotel ’n lekker halfpadstop. Die plek is ook ’n bestemming op sy eie as jy in die omgewing is.



As jy van die Kaap af op pad is Kgalagadi-oorgrenspark toe, is die Kenhardt-hotel ’n lekker halfpadstop. Die plek is ook ’n bestemming op sy eie as jy in die omgewing is.


Die Kenhardt-hotel is die soort plattelandse hotel wat jou tuis laat voel. Hier is regte hotelmense. Eeton en Suzette Wickens, die eienaars, is sulke mense. Dis oor hulle wat jy moet bly en hulle gaan jou maak nog ’n dag langer bly. 

Hier kry jy ook netjies en heerlik lugverkoelde kamers en jy gaan lekker eet. En dan gaan jy lekker kuier in die kroeg saam met Eeton, Suzette en die res van Kenhardt. Dalk saam met ’n paar motorfietsmanne ook. Hulle is lief vir die plek, want Eeton is self ’n motorfietsfanatikus. 
So dan en wan gebeur dit dat van die motorfietse ook in die kroeg beland. En so af en toe gebeur dit dat hulle opge-start word. In uiterste gevalle sal hulle so swart strepie op die vloer los. 

Kontak * 072 222 4983 

Waar? Reg langs die R27 wat die dorp se hoofstraat vorm en regdeur Kenhardt loop.



* Lees hier  Willem van der Berg se artikel, Die langste en swaarste trein in die wêreld. Die Kenhardt-hotel maak ook 'n draai in die storie. 

Eeton en Suzette Wickens van die Kenhardt-hotel.