Ek was op pad van Suurbraak na Swellendam op die N2 toe dié heldergeel letters my oog vang: Roosterkoek.
Dít kan ’n mens nie ignoreer nie.
Rolandale is nou wel ’n plaasstal, maar Swellendammers kom ook hierheen vir gesinsetes en om van al die Europese toeriste te ontsnap.