Die Veldskoen-padstal is egter een van die meer deurwinterde aftrekplekke langs ons land se hoofweë.
Veldskoen staan knap langs die N1, min of meer halfpad tussen Worcester en Touwsrivier.
Of jy dus op pad binneland toe is en proviand kort, of afry Kaap toe en voor die laaste skof deur die tonnel wil bene rek – is dit ’n lekker stilhouplek.