book-icon Uitgawe April 2020

Eet hier: YzerVark Bistro & Bar, Yzerfontein

akkreditasie
Bestel ’n boetiekbier by die Iron Pig Pub terwyl die kinders in die tuin speel. Of sit op die stoep en bestel iets vir ’n hol kol. Op ’n koue dag kan jy binne sit.
Bestel ’n boetiekbier by die Iron Pig Pub terwyl die kinders in die tuin speel. Of sit op die stoep en bestel iets vir ’n hol kol. Op ’n koue dag kan jy binne sit.

Dié massiewe skuur is in ’n L-vorm, met die restaurant en kroeg aan weerskante. In die somermaande kan julle op die lang stoep uitspan met ’n koue boetiekbier of -jenewer in die hand, en in die winter knetter ’n vuurtjie in die groot kaggel binne die restaurant.

In die gesellige restaurant hang plaaslike kunstenaars se skilderye – van blomme tot plaastonele en natuurlik kleurryke visserbootjies. Hier en daar staan rakke met ou koppies en ander breekbare goedjies wat aan Ouma se woonstel herinner.

Terwyl julle vir julle kos – ribbetjies met skyfies (R105), Franse slaai (R75), vis-en-tjips (R85) of pizza – wag, kan die kleuters op die klimraam klouter terwyl die gratis Wi-Fi die tieners gelukkig hou. Sluit die ete af met malvapoeding (R45), pannekoek (R24) of roomys met sjokolade-en-neutsous (R45) of ’n koppie boeretroos.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan