book-icon Uitgawe Junie-Julie 2022

As die Boesmanland reën kry

akkreditasie
Toe die wolke ná baie jare oor die Karoo en Boesmanland aankom, het hulle geskrik vir wat onder op die aarde aangaan. Waar troppe skape altyd geloop het, het geraamtes in die rooi kaaltes gelê. Nêrens het ’n springbok se pronk geflits nie. Die mense se koppe was na onder gedraai en het nie vir hulle gekyk nie. Dit het die wolke laat huil. Aanhoudend. Totdat waterskilpaaie en nuwe lewe uit die grond gekom het en boesmangras wit en vetterig oor die vlaktes gestol het.

Wanneer wolke die pad na jou huis toe vergeet het, kan dit lank vat voordat jy hulle weer sien. Dit gebeur soms met wolke, hulle begin kortpad vat.

As jy ’n bietjie uit koers uit bly, sit jy jare lank op jou stoep en wag.

Plekke soos die Boesmanland en die Bo-Karoo lê wyd van wolke se hoofroetes af. Party-keer is mense se tuine heel verdor wanneer wolke weer daar aankom, skamerig soengroet en begin natmaak.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan