"Praat met my, vrind,” groet Tim Ellis toe ek laatoggend op Beaufort-Wes by MC Ellis se Fietswinkel in Birdstraat inloer.
Dié gevestigde fietsherstelplek en ’n tipe ysterwarewinkel – waar jy van slotte en bloudraad tot batterye en ammunisie kan koop – is ’n instelling op die dorp. Tim is die derde geslag Ellis aan die stuur van sake.
Ek staar sprakeloos na die see van lendelam fietse tot teen die verste muur; doer agter kreun rakke vol boute, kabels en ghriespotte tot teen die plafon.