Deel

Beleef Namibië met die Gondwana Collection

akkreditasie
Gondwana Collection
Gondwana Collection
Geborg: Waar jy ook al gaan in Namibië, die kans is goed dat die Gondwana Collection jou ervaring met gehalteverblyf, gasvryheid en prettige aktiwiteite kan verryk. En as Suid-Afrikaner kwalifiseer jy vir afslag!

Sodra jy die radio moet harder draai om te hoor wat aangaan bo die gedruis van die wiele op die gruis, weet jy die heel mooiste reis na die oudste woestyn ter wêreld het begin – die Namib. Of miskien die tweede grootste canyon ter wêreld – die Visrivier. Of die wye vlaktes van die wêreld se mees biodiverse woestyn by Klein-Aus Vista – elke ywerige stapper en fietsryer se droom. Of die skoonheid van die groen diereryk in die Noorde, waar van die enigste standhoudende riviere in die land aangetref word. Of dalk die plek van legendes – die Etosha-panne. Of wat van die aanloklike rooi koppies van Damaraland?

Gondwana Collection
Gondwana Collection
Gondwana Collection
Gondwana Collection
Gondwana Collection
Gondwana Collection

Waar ook al die pad jou lei, die kanse is goed dat die Gondwana Collection jou ervaring met gehalteverblyf, gasvryheid en pretaktiwiteite kan verryk. Dié hospitaliteitsgroep spog met heelwat uitsonderlike lodges, kampeerterreine, asook ’n hotel op Swakopmund. Gondwana bied jou nie net ’n bed en maaltye nie, maar kleur die prentjie in met ervaringe wat jy vir ’n leeftyd sal koester.

Die een oomblik verkyk jy jou nog aan die skoonheid van die oënskynlik leë landskappe – oorweldigend in ’n wêreld waar so baie dinge om jou aandag meeding – en dan ry jy om die volgende draai en word jy verras deur die lieflikste uitsig. Baie vinnig leer jy dat daar nooit “niks” is nie – selfs die woestynsand is ’n ekosisteem waar diere en plante floreer. Om dit te kan beleef, moet jy dikwels stadiger reis.

Gondwana Collection
Gondwana Collection
Gondwana Collection
Gondwana Collection

En met die Gondwanakaart, wat beskikbaar is vir alle burgers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (waarvan Suid-Afrika ’n lid is), sal jy hierdie ervaringe en meer van jou reislysie kan aftik. Die Gondwanakaart bied jou tot 40% afslag op verblyf (bed & ontbyt), en 25% afslag op aandete (40% afslag nóú beskikbaar tot 31 Januarie 2021!), 25% op aktiwiteite, en 40% op staanplekke en Camping2Go.

Terwyl jy ’n brullende leeu van 8 kilometer ver af kan hoor, en dus nie weet hoe ver hy is nie, is hierdie kaart binne jou bereik.

Doen aanlyn aansoek by gondwana-collection.com.

Kom skryf jou eie Namibiese verhaal!