Een van die algemeenste vrae wat groentjies op 4x4- forums vra, is watter toerusting hulle eerste moet aanskaf vir ’n landsreis.
Ons het op die 4x4 Community-forum en die Nissan Patrol-forum gaan kuier om te lees watter soort wyshede die gesoute avonturiers met minder ervare forumlede deel.
Ons het ook ons Facebook-vriende gevra en dit blyk dat buiten ’n goeie tent, kampmeubels en ’n ellelange lys van gereedskap, jy beslis die volgende moet aanskaf vir jou toer.