book-icon Uitgawe Mei 2019

Bly hier: Mount Horeb Manor, Clarens

akkreditasie

By Mount Horeb Manor is jy egter gewaarborg van drie dinge. Ten eerste gaan iemand jou vriendelik verwelkom (soos die eienaar, Ursula Marx, of een van haar span); ten tweede gaan jy lekker eet; en dan is jy boonop ook verseker van ’n mooi uitsig oor die berge – veral berg Horeb, waarna die gastehuis genoem is, en die Maluti’s in die verte, waaragter Lesotho lê.

Dis ook net ver genoeg uit die middedorp dat dit saans stil is – maar steeds naby genoeg dat jy maklik te voet na ’n restaurant of koffiewinkel langs die dorpsplein kan stap.

Hier is ses kamers, elk met slaapplek vir twee mense. Al die eenhede is luuks ingerig met groot dubbelbeddens, DStv, lugversorging en geriewe soos ’n yskassie, en koffie-en-teestasie (nie ingerig vir selfsorg nie).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan