book-icon Uitgawe Mei 2019

Die Karoo- nasionale park: ’n Plek vir wyd kyk

akkreditasie

Toe die Duster skuins ná agt die oggend oor die Potlekkertjieroete se gruisklip knars, trek die temperatuurlesing in die kajuit reeds by 32°C.

Dis Novembermaand en die Karoo- nasionale park is horingdroog. Tot dóér op die horison sidder die landskap onder ’n blinkgebakte kors van klip en bitterbos.

Dié hittegolwe spoel uiteindelik teen die Nuweveldberg in die noordweste vas, met ’n soetdoring of twee wat moedig hak inslaan. Hier reg teen die linkerskouer van die pad sorg ’n ry dolerietkoppe vir ’n bietjie skaduwee.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan